Wêreldfotografiedag skep Vrydag (19/08) die geleentheid om die kuns, vakmanskap, wetenskap en geskiedenis van fotografie te vier. Sedert die eerste foto in die 1820’s geneem is, het dié wetenskap geweldig uitgebrei. Vandag kan bykans elkeen ’n fotograaf wees, hetsy met ’n kamera of ’n selfoon. In baie gevalle is ’n foto nie van wengehalte nie, maar hou dit ’n besondere waarde vir die fotograaf in. ’n Foto roep herinneringe op waardeur ’n mens die geleentheid en atmosfeer rondom die neem van die foto kan onthou, soos met dié trotse luiperdwyfie met ’n “elegante” krul in haar stert.

Foto: Helena Barnard

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article