Altesaam 125 deelnemers het aan die jaarlikse Diamond Classic en Noord-Kaap-proewe in Kathu deelgeneem.
Die geleentheid is op 6 Augustus deur die Kalahari Mixed Martial Arts (MMA) Academy, onder leiding van Shihan Pieter Pretorius en sensei Rainer Jacobs, aangebied.
Klubs wat aan die kompetisie deelgeneem het is die Kathu MMA Academy, Kuruman MMA Academy, Phoenix Kickboxing Kathu, en ook klubs van Postmasburg, Hartswater, Christiana, Bloemhof, Rustenburg en Johannesburg.
Die deelnemers het onderskeidelik aan die volgende afdelings deelgeneem: kata, kumite, puntgevegte (point-fighting), volgehoue skermgevegte (continuous sparringfighting), wapens (weapon forms), liggewig MMA, aflosgevegte (tag team) en spankata.
Tshepo Mohapi van Tshepo Mohapi Holdings word bedank vir die borgskap van, onder andere, klere vir minderbevoorregte karatekas.





