24 September
Huis Herfsakker In Jacobsdal hou van 09:00 af basaar. Besoekers kan uitsien na ’n veiling, musiek, teetuin, pretritte en meer. Skakel 083-799-8696.
24 and 25 September
The Northern Cape Heritage Festival takes place at the Diamond Oval of Northern Cape Cricket in Kimberley. Gates open at 10:00. Early bird tickets are available at tickets.computicket.com.
29 September tot 1 Oktober
Die Kalahari Kuierfees vind by die Desert Palace Hotel and Resort in Upington plaas. Op Donderdag en Vrydag duur verrigtinge van 15:00 tot laat; en op Saterdag om 11:00 tot laat. Besoek die Facebook-blad Kalahari Kuierfees vir meer inligting oor die aktiwiteite wat aangebied word.
30 September en 1 Oktober
Die Vaalharts-pekanfees word op die Magogong-skouterrein in Hartswater aangebied. Die fees hou vermaak vir oud en jonk in, stalletjies, asook perdevertonings- en kompetisies. ’n “Fancy dress”-kompetisie word gehou waaraan ruiters van enige ouderdom, asook alle perderasse, kan deelneem. Onder andere Juan Boucher tree op om vermaak te verseker. Skakel 082-722-4669 of 082-468-5769 vir inligting, of besoek die Facebook-blad Vaalharts Pekanfees.
7 en 8 Oktober
Die Namakwa Woeskusfees vind in Kleinzee plaas. Benewens stalletjies kan optredes deur kunstenaars soos Nadine, Jan Rhaap, Hennie de Bruyn en Die Kitaarkêrels, asook die Houthoop-idols- en potjiekoskompetisie verwag word as van die vermaaklikhede wat op die program is. ’n Woeskusfees-skryfskool word deur skrywer en joernalis Carla van der Spuy aangebied. Skakel 078-598-7227 of besoek die Facebook-blad Namakwa Woeskusfees vir meer inligting.
8 October
The Sally Aucamp Home for adults with a physical disability presents a Fun Furrr Kid show where local dog-owners can show off their pets. Categories include the cutest, coolest, best golden oldie and best tail wagger. Entry costs R30 per dog. Dial 083-725-1644.
Kimberley Markets presents a market from 09:00 to 14:00 at the Kimberley Mine Museum, where the Big Hole is situated. Entry is free. Stalls are available. Dial 082-309-9056 or 082-309-7885 for more information.




