Rugby is deel van sy lewe. Van kleins af.
Hy het homself uitgedaag.
Geoefen. Geskop. Gehardloop.
Daarom is die aankoop van sy tokse elke jaar ’n hoogtepunt.
Goeie tokse maak die spel makliker.
Daarom trek dit sy aandag toe hy en sy ouers vir ’n nuwe seisoen tokse gaan koop dat daar ’n projek is waardeur kinders wat nie tokse het nie hiervan voorsien word.
Hy kan nie glo daar is kinders wat nie tokse het nie.
Dit werk die heeltyd dat hulle aanpas, soek en tussen verskillende handelsmerke kies op sy binnekant.
Totdat hy die perfekte paar kry.
Met hierdie paar gaan hy ’n fantastiese seisoen hê.
Hy kan homself daarmee sien. ’n Verskil maak.
Maar wat hy gesien het toe hy inkom, bly hom pla.
Baie ander soos hy, met drome soos hy, wat speel soos hy, wat nie rugbyskoene het nie.
Hy lees hoeveel tweedehandse tokse is verlede jaar deur hierdie projek aan kinders uitgedeel.
Hy kies sy paar.
Sy ouers gee ’n kopknik.
Hulle is tevrede.
Dan stap hulle by die deur uit.
Hy stap weer by die boks verby wat geoormerk is vir ou tokse. Om ’n verskil te maak.
Voordat hy hom kan kry, gooi hy sy nuwe paar in daardie boks.
Sy ma en pa verstom. Hy ook.
Maar hy is gelukkig.
Sy voriges kan nog ’n seisoen hou.
Iewers gaan ’n seun hierdie jaar met sy nuwe tokse speel.
Hy is tevrede.
Dit maak ’n verskil.




