So in Oktober – “die mooiste, mooiste maand” volgens digter C. Louis Leipoldt – is dit glo “ ’n bode van hoop vir die nuwe groeiseisoen” om die wildegranaat in blom te sien. Die Rhigozum-struik, wat andersins beskeie voorkom en nie sommer die aandag trek nie, vertoon dié tyd van die jaar ’n goudgeel blommeprag. Ongeag sy noemnaam is die struik geensins aan die granaatboom, wat eetbare granate dra, verwant nie. Die stamme van die veelstammige struik kan as dun pale of sparre gebruik word. Die Khoisan het dit ook as grawestokke gebruik, wat beteken die hout is hard, maar buigbaar.

Foto: helena barnard

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article