Die Pro20 Aandreeks, aangebied deur die Laerskool Staats in Kimberley, se wedstryde vir die halfeindstryd en eindstryd vind nou op die Diamant-ovaal in Cassandra plaas. Die krieketwedstryde sal Vrydag (04/11) en Saterdag (05/11) gespeel word.
Vrydag sal die halfeindstryde om 09:00 tot 21:00 plaasvind, en op Saterdag vind die eindstryd van12:00 tot 21:00 plaas.
Die finale program sal binnekort beskikbaar wees. Kosstalletjies sal kos te koop aanbied, en musiek sal tot die atmosfeer bydra. Die skool bedank die Noord-Kaapse Krieketunie vir die aanbied van die stadion.
Leerlinge betaal R10 toegangsgeld, en volwassenes R20.
Vir meer inligting, bel De Wet Kruger by 079-377-3628 of 053-831-2035 of stuur ’n e-pos na sport@staats.co.za.



