“Hier gaan ek nou. Die pad is nog lank. En ek het genoeg van jou gestaar na my gehad,” sê dié skilpad (waarskynlik). Hoewel ’n stadige pas met skilpaaie vereenselwig word, is dié dier wat maklik in sy dop kan kruip, geneig om sommer vinnig uit die oog te verdwyn. ’n Oortuiging bestaan dat wanneer ’n mens in die laatlente meteens heelwat skilpaaie en slange in die natuur opmerk, en miertjies in die suikerpot en op die vensterbank, “groot reën” op pad is.

Foto: Helena Barnard

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article