Twee lesers kan elk ’n tienerboek wen wat ideaal vir die Kerskous is.

Credit: SYSTEM

Alva is in gr. 4 en kan diere hoor praat. Maar dié talent is niks vreemds by haar nuwe kosskool op ’n verlate eiland nie. Ander kinders daar verander van vorm, krimp, of kan water beheer.

Vlieënde klasmaats en kinders wat deur deure loop, is doodgewoon.

Dit is reeds ’n resep vir chaos, maar hoekom praat die gebreekte kennisgewingbord in die kafeteria in raaisels? En is daar regtig ’n skat op die eiland?

In die boek Skool vir talente, eerste periode: Oorverdowend!, deur Silke Schellhammer, begeer Alva net een ding: om nie meer te verstaan wat diere sê nie.

In die boek Die Sproetebessies en die hart van die Swart Roos, deur Troula Goosen, gaan Milan, Andante en Nova na ’n musiekfees om die beroemde popster Tyrion te sien optree.

Milan beland op die verhoog saam met die Kaalbas Kitare, en uit die bloute ontvang hulle ’n uitnodiging om ’n slypskool by ’n eksklusiewe superster-akademie by te woon.

Daar skuil egter ’n donker geheim op Die Swart Roos en die drie van hulle moet vinnig plan maak.

  • Twee lesers het elk die geleentheid om een van die twee boeke te wen.

Belangstellendes kan hul naam, van, kontaknommer en waar hul bly voor of op Vrydag 9 Desember om 10:00 na helena.barnard@media24.com stuur.

Dalk wen hulle ’n boek vir ’n tiener se Kerskous.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article