Die Kerk van God van Profesie te Upington-Paballelo bied ’n gospel-vertoning as geldinsamelingsprojek aan.

Dit vind Sondag (04/12) om 17:00 op die kerkterrein (by die nuwe brug) plaas.

Die seremoniemeester is Lucky J. Boorman.

Verskeie plaaslike kunstenaars tree op, onder andere Patricia Matroos, Felicity Jacobs, Mikayla Melaat, Drenaldia van Rooi, Jolyn Meyer, Lerato Khani en Monica Malgas.

Vir meer inligting, en om kaartjies te koop, skakel 074-074-6440.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article