Hier aan die einde van die jaar raak dit vir ons almal belangrik om so ’n bietjie boeke te vat oor hoe ons jaar verloop het.

’n Jaar gaan eintlik vinnig verby.

Soms voel tyd of dit stilstaan en soms voel tyd of dit vinniger as lig beweeg.

Dit is eers wanneer ’n mens so ’n bietjie stilstaan en terugkyk dat ’n mens sien tyd staan nie stil nie en tyd beweeg.

Hoe moet ’n mens ’n volgende jaar tegemoet gaan?

Wat is die rigting wat ’n mens moet inslaan?

Ons moet toekomsbesluite maak.

Kyk ons terug oor die jaar, besef ons sommige dinge was maklik.

Ander dinge was groot en moeilik om te oorkom.

Dalk is sommige dinge te groot om te oorkom.

Ons moet onsself soms met vrae konfronteer, byvoorbeeld:

Is die seer van die verlede te veel om te oorkom?

Is die seer van die hede te veel om te oorkom?

Maak die konteks dit te moeilik om te oorkom?

En dan pas dit ons om soms nugter en rustig by vrae soos hierdie stil te staan en te vra: Hoe vorentoe?

Die antwoord bly altyd dieselfde: Ons ken nie die toekoms nie, maar ons stap vorentoe in geloof en met moed en in krag en in hart.

As jy terugkyk oor die jaar wat verby is, kyk dapper terug en vol moed vorentoe.

Die regte antwoorde kom altyd op die regte tyd.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article