’n Dobbertjie het onverklaarbaar oor die Kersvakansie in die pastorie verskyn.
“Look Mom, Santa wants us to go fishing!” roep Oudste uit terwyl hy, teen die huisreëls, die gang afhardloop.
Mamma dink aan vislyne wat koek en sonbrand.
“So can we go fishing!” Sy stemtoon klink beslissend.
“Gaan vra jou pa,” bons Rooyma die versoek weg. Pappa probeer wal gooi, maar Oudste sê “maar Jesus sê so,” en hy begin “Visvang vir Jesus” sing.
Asof afgespreek, stap Sussie die vertrek met twee visstokke (van waar dit in die hoek van haar pa se werkswinkel staan en stof opgaar) binne. Sy glimlag.
“Okay, but first you need to practise using the (splash) pool,” stel sy Pa die voorwaarde.
Nadat die lyn op tol, begin die visvangles met net ’n sinker aan die punt. Terwyl die amateur-visvangers oefen, probeer Pappa en Mamma kindervriendelike muffins bak. Die kinders gradeer hulself egter gou op na die baksteendam waarin onbekende vissies voor die droogte geswem het. Toe dit te stil word, stel Mamma ondersoek in en vra of die “visse” sal byt as daar nie aas aan die lyn is nie? Sy bied van die baksel muffins aan.
“No thanks, Mom, I doubt they will like it. Except if it is really good.”
Pappa tree nader. Meteens gil Oudste oor die ruk aan die lyn, maar hy is dadelik bekaf toe die lyn net alge oplewer. Die reuk van gebrande gebak doem nader.
“Maybe Daddy should teach you to fish instead,” merk Oudste op en neurie “Visvang vir Jesus”.


