Die bestuur van die Kurumantak van die Vrouelandbouvereniging (VLV) is slaggereed vir 2023, en die eerste beplanningsvergadering vir die jaar het reeds op 19 Januarie plaasgevind.
Daar is onder meer gefokus op die sirkelkonferensie wat op 22 en 23 Maart deur die tak aangebied sal word.
Johannes de Villiers, skrywer van onder meer Blydskap: Mindfulness-wenke vir ’n vreugdevolle lewe, sal op dié geleentheid as gasspreker optree.
Lede van die publiek is welkom om die byeenkoms by te woon.





