’n Staproete is ’n reis vol geleenthede. Soveel dinge wat ons kan sien en beleef.

Ongelukkig mis ons baie hiervan omdat ons nie oplettend genoeg is nie en nie gaan stilstaan om met jou voete in die water te staan of die blomme te ruik nie.

Die lewe is ’n lang staproete, vol wonderlike oomblikke om te geniet, ander te ontmoet en ’n verskil te maak.

Ons stap dikwels by ander verby, soms loop ons ’n entjie saam en soms gaan sit ons vir oomblik saam.

Dit is kosbare oomblikke wat nie versmaai moet word nie.

Gebruik die kans, want dit kom dalk net een keer oor jou pad.

Dit is waardevolle oomblikke, want elke oomblik kan ’n beslissende oomblik in jou en my lewe wees – ’n oomblik wat waarde toevoeg of as ons dit nie benut nie, waarde ontneem.

Op die staptog van die lewe moet ons altyd onthou dat ons nie alleen stap nie.

Daarom behoort elke oomblik, elke stukkie saamstap, gesien te word as ’n geleentheid om ’n verskil in iemand anders se lewe te maak.

Dit is veral belangrik hoe ons as gelowiges hierdie oomblikke gebruik, want dit is ’n oomblik, dalk die enigste oomblik, wat ek en jy het om Jesus Christus aan ons mede-stappers bekend te stel.

Daarom sê die Woord: “Tree met wysheid op teenoor die wat nog buite die gemeente is. Maak die beste gebruik van elke geleentheid.” (Kolossense 4:2-6).

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article