Altesaam 18 skole neem die naweek aan die jaarlikse sportfees van die Laerskool Staats in Kimberley deel.
Die fees, wat Donderdag (09/03) begin en tot Saterdag (11/03) duur, dien ook as geldinsamelingsprojek vir die skool en is ’n kombinasie van sport, stalletjies en samesyn.
Skole vanuit die Noord-Kaap en Vrystaat neem deel aan die sportfees. Die skole is onder meer Laerskool Staats, Newton, Eureka, Prieska, Kathu, Pescodia, Hopetown, De Aar, Lime Acres, Seodin, Oranje-Noord, Op die Voorpos, Jacobsdal, Douglas, Fanie Malan, Hartswater en President Brand.
Die sportfees begin Donderdag om 16:00, wanneer die Renostertjies mini-rugby en -netbal speel.
Vrydag begin die vol program reeds om 08:00, en duur tot Saterdag om 21:00. Hou die skool se Facebook-blad dop vir die finale program.
Toegang tot die feesterrein kos R20 per volwassene en R10 per kind.
Leerlinge of deelnemers met skoolklere kry gratis toegang.





