’n Geleentheid bestaan om die RSG Red ’n plaas-camino virtueel aan te pak.

Meer as 100 stappers gaan dié staptog vanaf Williston tot by Verneukpan van 14 tot 22 April aandurf.

Alle beskikbare plekke vir deelname is egter reeds geneem, en belangstellendes kan die volle afstand van 166 km, of enige ander afstand, virtueel voltooi.

Die projek deur RSG, die NG kerk in Noordkaapland, Caritas Gemeenskaps­fokus en Tankwa Camino is daarop gerig om boerderygemeenskappe in die Noord-Kaap wat steeds ná die droogte sukkel met humanitêre en pastorale hulp te ondersteun.

Vir inligting oor hoe om ’n saamstap-skenking van R50 te doen, en foto’s van ’n eie staptog te deel, stuur ’n e-pos na finansies@caritas.org.za.

Volg ook Caritas Community Focus en Tankwa Camino op Facebook.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article