Springbokvleis is ’n uitstekende keuse vir diegene met vleistande – veral vir mense met hoë cholesterol wat aangeraai is om rooivleis te vermy.
Die gemiddelde vetinhoud van springbokvleis is baie laag.
Wildsbiltong bevat ook meer yster as byvoorbeeld beesbiltong.
’n Heel springbokboud moet verkieslik nie langer as agt tot 12 maande gevries word nie. Daarna kan vleis erg droog word.
Gaar wildsvleis kan vir geregte soos pasteie, klein pasteitjies of selfs sop gebruik word, wat alles gevries kan word.
– Sarie kos vir mans, Augustus 2010


