Die hooggeregshof in Kimberley het Vrydag (19/05) ’n uiteensetting van bevindings uit die selfoon-ontleding in die Hartswater-moordsaak aangehoor.

Visagie se selfoon het op 26 Julie om 13:26 op die Motsweding-toring naby die moordtoneel registreer.

Sy persoonlike foon het van 14:01 af saam met Elzabie se selfoon in Taung beweeg. Daarna is sy foon afgeskakel en het weer om 15:10 by die Motsweding-toring registreer.

Van 14:08 af het Elzabie se foon heen en weer beweeg tussen verskillende torings wat Taung, Motsweding en Motakaneng insluit.

In dié tydperk wat Visagie se foon af was, is verskeie selfoonnommers wat ook op sy persoonlike foon gestoor is, van Elzabie se foon gebel.

Vyf oproepe is van 14:08 af van Elzabie se foon na ene Kagisho Borali gemaak. Toe oproepe teen 16:44 en 16:45 gemaak is, was haar foon weer in die Taung-gebied.

Omdat dieselfde kontakte ook op Visagie se foon is, meen Conradie dat Visagie meesal Elzabie se foon gebruik het om oproepe na die kontakte te maak.

Van Seoleseng se kontakte wat op sy foon gestoor is, is van Elzabie se foon gebel.

Realeboga Manyedi (wat later ’n staatsgetuie geword het) se foon het laatmiddag ook oproepe vanaf Elzabie se foon ontvang.

Visagie en Melato se selfone het ook die dag vooraf, op die dag en die dag ná die moord, kontak met mekaar gemaak. Seoleseng se foon was op die betrokke dag om 13:05 in kontak met Melato se foon, wat op ’n toring by die moordtoneel registreer het.

Met haar ontleding van Elzabie se selfoon, het Conradie ook twee foto’s van Mpulwana ontdek wat op 27 Julie 2020 om 11:49 en 12:32 met Elzabie se foon geneem is.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article