Dié bondige inskrywings, van gebeure oor die hele Noord-Kaap heen, word gratis deur NoordkaapBulletin geplaas.

NoordkaapBulletin neem nie verantwoordelikheid indien ’n geleentheid gekanselleer word en die organiseerders van sodanige geleentheid nie die publikasie in kennis stel om die inskrywing te verwyder nie.

Om jou geleentheid in die dagboek te publiseer, stuur inligting na helena.barnard@media24.com

10 Junie

The Rugg a Market takes place from 09:00 to 14:00 at the Trim Park in Oliver Road, Kimberley. Stalls, a jumping castle, pony rides, balloon art, and facepainting for kids can be expected. Dial 076-903-9500 or 084-886-7475.

Appel tree by Oude Pont, Wynand Human-stoor, by Douglas op. Die vertoning begin om 19:00. ’n Ete is ingesluit. Kaartjies is by die Hoërskool Douglas se finansiële kantoor beskikbaar, of bel Liezel Bruwer by 079-510-5723.

Die Kameeldoring-karnaval van die Nederduits Hervormde Kerk in Kathu vind vanaf 10:00 in Kokerboomstraat plaas.

14 Junie

Die Laerskool Eureka in Kimberley bied ‘n kultuuraand om 17:45 vir 18:00 in die skoolsaal aan. Die junior- en seniorkoor tree onder meer op. Dance Mouse, gedigte en speeltoneel is ook op die program. Sop en broodjies is ná die vertoning teen R30 te koop. Skakel 087-310-5310.

16 June

The Gum Tree Lodge Market for charity takes place from 09:00 to 14:00 at Gum Tree Lodge next to the R64 in Kimberley. Funds raised will be donated to the Sally Aucamp Home for adults with physical disabilities. Send a WhatsApp message to 079-981-1240 with enquiries.

21 Junie

Bok van Blerk tree om 19:00 by The Fire-restaurant in Kimberley op. Die optrede is ten bate van Destiny House, ‘n plek van veiligheid vir babas en kleuters. Kaartjies is by iTickets beskikbaar, of skakel 083-445-6025.

23 June

A Sip and Paint event takes place at the Big Hole premises in Kimberley from 17:30 to 19:00. All paint and brushes are included. Book your space by calling Marais Tesner on 082-309-7885.

23 en 24 Junie

Francois van Coke tree by Burgersbos in Kathu op. Hekke maak om 16:00 oop. Bespreek kaartjies aanlyn by feesbustravelconsultants.co.za of skakel 071-362-9127 of 072-446-5644.

Die Victoria-Wes-wildsfees en -duiwewedvlug vind op die skouterrein plaas. Besoek die Facebook-blad Victoria-Wes Wildsfees & Duiwe Fly-inn vir meer inligting.

24 Junie

Die Philipstown-interskou vind op die plaas Vrede by die dorp plaas. Theo Venter tree as spreker op, met Bok van Blerk as kunstenaar. Ram-uitstallings, ooi-kompetisies, wynproeë en ’n program vir vroue word onder meer aangebied. Kampeerplek is beskikbaar. Skakel 082-481-6985 of 083-651-1082.

Kimberley Markets takes place at the Big Hole from 10:00 to 15:00. Plenty of stalls will sell their products. Entrance to the historical town and market is free. Dial 082-309-9056 or 082-309-7885.

30 Junie en 1 Julie

GWK Handel Kimberley bied ‘n markdag ten bate van die Kimberley DBV aan wat voortdurend dierekos, komberse en kontant nodig het om na die diere in hul bewaring om te sien. Die stalletjies kos R100 per dag. Bel vir Elsie Bekker of Zelda-Marie Hanekom by 053-831-2740 om ‘n stalletjie te bespreek.

1 Julie

Die Volle Evangeliekerk van God, in die hoofstraat van Keimoes, bied sy basaar aan. Eetgoed is te koop, en vermaak vir die kinders beskikbaar.

Die Stillerweë-aftreeoord vir bejaardes in Kimberley bied vanaf 09:30 basaar aan. Vir enige skenkings, skakel 072-433-7775.

8 Julie

Die Askham-boeresport-geleentheid vind plaas. ’n Verskeidenheid produkte word by talle stalletjies verkoop, en Willem van der Ryst gaan onder andere optree. Besoek die Facebook-blad Askham Boeresport.

22 Julie

Dirk van der Westhuizen en Prop tree by die Flamingo Casino in Kimberley op. Kaartjies kan aanlyn by kimberleyevents.co.za gekoop word.

2 Augustus

‘n Vliegduifveiling, aangebied deur die Noord-Kaap Posduiffederasie, vind vanaf 18:00 by die Markgraaff-saal van die Hoërskool Diamantveld in Kimberley plaas. Bel vir Janco Steenkamp by 081-242-2005 of Danie van der Merwe by 083-284-2807 vir meer inligting.

31 Augustus tot 3 September

Die Yonder Hartsfees vind in Kimberley plaas. Aansoeke vir stalletjies word ingewag. Kontak Maatjé Brand per WhatsApp by 082-260-2181, of besoek die Facebook-blad Yonder Hartsfees.

28 tot 30 September

Die Kalahari-kuierfees vind in Upington by die Desert Palace Resort plaas. Besoek die Facebook-blad Kalahari Kuierfees vir meer inligting.

30 September

Jo Black tree vanaf 18:00 by die Flamingo Casino in Kimberley op. Kaartjies is aanlyn by kimberleyevents.co.za beskikbaar, of skakel 083-350-3504.

6 en 7 Oktober

Die Namakwa Woeskusfees vind by Die Houthoop by Kleinzee plaas. Stalletjies kan nou reeds bespreek word. Besoek die Facebook-blad Namakwa Woeskusfees vir meer inligting.

27 tot 29 Oktober

Die Koeistal-mark, as deel van die jaarlikse Kelrn MTB Classic-byeenkoms, vind op die plaas Holsdam buite Barkly-Wes plaas. Bespreek jou stalletjie deur Joy de Kock by 082-450-7912 te bel.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article