Die ysige weer wat sedert die naweek in die land heers, het selfs veroorsaak dat vlugte vanaf die O.R. Tambo-lughawe in Kemptonpark vertraag is.

Breyten Cupido berig dat een van die land se voorste lugdienste, FlySafair, Dinsdag (11/07) in ’n kort verklaring aan kliënte gesê het dat “ys op die vlerke van die vliegtuie” die vertraging veroorsaak het. Vlugte vir die res van die dag en ook van elders is aangepas.

Gautengers het Maandag ná meer as tien jaar sneeu beleef.

Intussen het Eskom Dinsdag aangekondig dat sy fase 4-beurtkrag vroeër sou begin as beplan. Die nutsmaat­skappy sê in ’n verklaring dit kom weens in ’n sterk styging in die vraag na krag tot ongeveer 33 000 MW, te midde van yskoue weer oor die land heen.

Noodreserwes is glo die 36 uur voor die afkondiging byna onverpoosd ingespan, maar dié reserwes raak nou op, sê Eskom.

Dit kan ’n verandering in die res van die week se beurtkragrooster veroorsaak.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article