Daar is geen mens op aarde by wie dit verbygaan nie – kruispaaie.

’n Kruispad wanneer jy op verlof is en ’n keuse moet maak is een saak, maar wanneer jy by kruispaaie van die lewe kom, is dit ’n ander saak.

Eintlik word ’n mens voortdurend daarmee gekonfronteer, jou hele lewe lank.

Party mense waag makliker as ander en slaan makliker ’n rigting in.

Ander wil meer al die voor- en nadele bereken.

Ander word soms by hierdie kruispaaie deur die lewe in ’n rigting gedruk.

Dit help nogal om ’n paar dinge in gedagte te hou wanneer jy hierdie keuses moet maak.

Gaan terug op jou spore en kyk wat het gewerk en wat nie, wat het jou veilig laat voel en wat nie.

Moet nie huiwer om jou gesonde verstand te gebruik nie, soms moet ’n mens meer dink as net op gevoel werk.

Voordat jy net ’n rigting inslaan, moenie te trots wees om jou hand op te steek en om hulp te vra nie.

Veral mense wat jy vertrou en wie se mening betroubaar is.

Beredeneer, praat en oordink.

Natuurlik, vra ook geestelike leiding, kyk op en vra rigting.

Maar dan besluit en loop jou pad wat jy gekies het op die kruispad.

Dit help nie jy bly terugkyk nie.

Dit is veral wanneer daar oomblikke van beproewing en swaarkry kom, dat ’n mens wil teruggaan en oor kies.

Moenie.

Gaan leer uit die vergete lesse van die geskiedenis, vra advies, dink en doen en loop die rigting wat jy gekies het.

Onthou dinge werk altyd uit soos dit moet. Altyd.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article