Dié bondige inskrywings, van gebeure oor die hele Noord-Kaap heen, word gratis deur NoordkaapBulletin geplaas.
NoordkaapBulletin neem nie verantwoordelikheid indien ’n geleentheid gekanselleer word en die organiseerders van sodanige geleentheid nie die publikasie in kennis stel om die inskrywing te verwyder nie.
Om jou geleentheid in die dagboek te publiseer, stuur inligting na helena.barnard@media24.com – onthou om te laat weet in watter dorp dit plaasvind, en hoe laat dit begin.
22 Julie
Dirk van der Westhuizen en Prop tree by die The Fire-venue in Landbouweg, Kimberley, op. Kaartjies kan aanlyn by kimberleyevents.co.za gekoop word.
28 en 29 Julie
Die AP kerk in Endastraat, Hillcrest, Kimberley, hou basaar. Vrydag duur die basaar van 12:00 tot 19:00, en Saterdag van 09:00 tot 14:00.
29 Julie
Die NG kerk Harmonie by Kekewichrylaan 30 in Kimberley bied sy basaar aan. Kosstalletjies met ’n verskeidenheid produkte, asook pret vir die kinders is deel van die verrigtinge.
Kimberley Markets occurs at the Big Hole, Kimberley, from 10:00 to 15:00. Dial 082-309-9056 for more information or to book a stall.
2 Augustus
‘n Vliegduifveiling, aangebied deur die Noord-Kaap Posduiffederasie, vind vanaf 18:00 by die Markgraaff-saal van die Hoërskool Diamantveld in Kimberley plaas. Bel vir Janco Steenkamp by 081-242-2005 of Danie van der Merwe by 083-284-2807 vir meer inligting.
4 en 5 Augustus
Die NG kerk Bakenskop by Rhodeslaan 29A in Carters Glen, Kimberley, bied sy basaar aan. Op Vrydag begin verrigtinge om 15:00, en op Saterdag om 09:00.
5 August
The Gumtree Market for charity takes place from 09:00 to 14:00 at Gum Tree Lodge next to Hull Street in Kimberley, in the direction of Boshof. Funds raised are for the benefit of the Bophelo Child and Youth Centre. Bingo is played at 11:00. Dial 079-981-1240.
Gerhard Steyn tree op by The Fire-venue in Landbouweg, Kimberley. Hekke open om 18:00 en tafels of enkelkaartjies is beskikbaar. Skakel 083-350-3504.
7 Augustus
Die algemene jaarvergadering van die ACVV Kuruman-tak vind om 14:00 in die saal van die Heuwelsig-aftreeoord plaas. Alle donateurs en belanghebbendes word uitgenooi om die vergadering by te woon. Rig navrae by 053-712-1862.
9 August
International speaker Shéri Brynard and her mother, Suzette, share Shéri’s story on being born with Down syndrome and her remarkable milestones. The event takes place at 11:00 at the St Andrew’s Presbyterian Church in Beaconsfield, Kimberley. Dial 073-462-9328 for more information.
Lynette Beer, motivational speaker, is doing a presentation on the topic “The window to your personality” at 18:00 at the Horseshoe Inn in Kimberley. The event is held by Nocci. Send an email to Sharon Steyn at sharon@nocci.co.za.
Join the Equestrian Centre Kimberley in celebrating Women’s Month. Events take place from 09:00 to 15:00 at the centre. Dial 082-309-7885 for more information.
12 August (Sport)
The Windsorton 150 off-road race is presented, with the Dutch Reformed Church in Windsorton as the venue. Documentation is at 07:00. Enter in different categories, including a kiddies loop. Enter on racecontrol.co.za or dial 082-455-6604 or 082-447-3115.
13 August
The Smiley’s Motorcycle Club in Kimberley presents a potjiekos competition from 10:00 at Gum Tree Lodge. Lots of prizes can be won. For more details, dial 076-644-9574 or 071-178-4358.
26 August
’n Funksie vir swanger vroue, asook ma’s van pasgebore babas, of peuters en kleuters word om 10:00 by die AGS Huis van Restourasie in Constantia-rylaan, Kimberley, aangebied. ‘n Verloskundige, borsvoedingspesialis en doula is die sprekers. Die funksie word aangebied om geld vir ‘n lyer aan meervoudige sklerose (MS) in te samel. Bel vir Amanda Loots by 082-229-3666 om te bespreek.
26 August (Sport)
Enter for the first edition of Ride2TheKaroo, presented by Oryx Endurance. This 100 miler ride commences at 06:00 from the Kalahari Lodge in Kimberley and finishes at the Klipkraal Guest Farm at Hopetown, which is the gate to the Karoo. Visit oryxendurance.co.za for more information.
31 Augustus tot 3 September
Die Yonder Hartsfees vind in Kimberley plaas. Aansoeke vir stalletjies word ingewag. Kontak Maatjé Brand per WhatsApp by 082-260-2181, of besoek die Facebook-blad Yonder Hartsfees.
2 September
‘n Potjiekoskompetisie, asook ‘n boeremark en -sportdag, met vermaak vir kinders en musiek, vind by die Jacobsdal-gholfbaan plaas. Die verrigtinge begin om 08:00 en duur tot 17:00. Skakel 079-299-8535 of 066-004-1264.
Amore Bekker is die gasspreker by ‘n geleentheid wat by die Jannie Brink-skool in Kimberley aangebied word. Haar tema is “Deel met die kaart wat aan jou gegee is”. Vir navrae skakel 084-706-8576.
16 September
Ter viering van die 30ste bestaansjaar van die Orania CVO-skool word die Orania gaan groot-musiekfees van 12:00 tot 21:00 by die Orania-sportterrein aangebied. Appel, Adam Tas, Jan Jan Jan, Juanita du Plessis en Demi Lee Moore tree onder andere op. Stuur ‘n WhatsApp na 061-130-8436 vir meer inligting.
28 tot 30 September
Die Kalahari-kuierfees vind in Upington by die Desert Palace Resort plaas. Besoek die Facebook-blad Kalahari Kuierfees vir meer inligting.
The Kimberley Spring Beer Festival takes place in Kimberley. More details to come. Contact Sharon Steyn on 083-457-8148 for more information.
28 September to 8 October (Sport)
Entries are open for the Kalahari Augrabies Extreme Marathon (KAEM), an extreme ultra-trail marathon of 250 km in the Augrabies National Park and surrounding areas. Visit kaem.co.za for more information.
29 September
Jak de Priester tree by die TD kerk in New Park, Kimberley, op. Die vertoning begin om 19:00. Bel die kerkkantoor by 053-831-2345 of Stephen Quinn by 076-840-6942.
29 en 30 September
Die Vaalharts-pekanfees vind by die Magogong-skouterrein by Hartswater plaas. Gaskunstenaars Fatman en Appel tree onder andere op. Besoek die fees se Facebook-blad vir die feesprogram wat mettertyd publiseer sal word.
30 September
Jo Black tree vanaf 18:00 by die Flamingo Casino in Kimberley op. Kaartjies is aanlyn by kimberleyevents.co.za beskikbaar, of skakel 083-350-3504.
30 September (Sport)
As deel van die Kalahari Kuierfees in Upington word ’n halfmarathon (om 18:00), 10 km-wedloop (om 18:30) en 5 km-pretdraf (om 19:00) aangebied. Inskrywings sluit op 29 September en kan by upingtoncrusaders.co.za gedoen word.
1 October (Sport)
The first Kalahari Augrabies Extreme Marathon (KAEM) Ultra takes place at Augrabies. Enter for this supported five-day race of 160 km. Visit kaem.co.za for more information.
As deel van die Kalahari Kuierfees in Upington word ‘n 30 km- en 60 km-bergfietsrywedren aangebied. Inskrywings sluit 29 September om 20:00. Skryf in op upingtoncrusaders.co.za
6 en 7 Oktober
Die Namakwa Woeskusfees vind by Die Houthoop by Kleinzee plaas. Stalletjies kan nou reeds bespreek word. Besoek die Facebook-blad Namakwa Woeskusfees vir meer inligting.
7 October (Sport)
The Battle of the Bikes event commences at 07:00 from Jacobsdal, and the route traverses on mainly gravelled road to Kimberley. Visit the Facebook page Oryx Endurance for more information.
21 October (Sport)
The Upington Toyota Extreme off-road triathlon takes place at Oranjerus, Upington, and introduces a new category for kids 6 to 11 years old. Registration can be done online on upingtonextreme.co.za. Visit the Facebook page Upington Rotary Club for more information.
27 tot 29 Oktober
Die Koeistal-mark, as deel van die jaarlikse Kelrn MTB Classic-byeenkoms, vind op die plaas Holsdam buite Barkly-Wes plaas. Bespreek jou stalletjie deur Joy de Kock by 082-450-7912 te bel.





