Klewerige beeskortrib met koffiebraaisous en polenta.

Foto: Verskaf

Kos bereik ander hoogtes met dié dekadente resep.

Probeer dit gerus.

Klewerige beeskortrib met koffiebraaisous en polenta.

Beeskortrib

800 g tot 1 kg beeskortrib, in kleiner stukke gesny

15 ml braaispeserye

30 ml olyfolie

1 ui, in kwarte gesny

4 knoffelhuisies, gekneus

1 rooi brandrissie, in die lengte gehalveer

500 ml beesvleisaftreksel

Koffiebraaisous

15 ml olyfolie

1 rooi ui, fyngekap

2 knoffelhuisies, fyngekap

1 rooi brandrissie, gekap

15 ml komynsaad, gerooster

125 ml espresso

125 ml tamatiesous

125 ml ligbruinsuiker

60 ml witwynasyn

80 ml heuning

45 ml sojasous

Romerige polenta

750 ml water

375 ml polenta

60 ml roomkaas

sout na smaak

Metode vir kortrib

Geur die ribbetjies met die speserye en vryf die olie oor. Verhit ’n drukkoker en braai die ribbetjies in sarsies tot goudbruin oraloor. Voeg die res van die bestanddele by en meng goed.

Maak seker die ribbetjies is heeltemal met die vloeistof bedek. Indien nie, voeg nog water by. Bring alles tot kookpunt en seël die drukkoker met sy deksel. Kook onder druk vir 35-40 minute of totdat die ribbetjies sag is. Hou eenkant.

Metode vir koffiebraaisous

Verhit die olyfolie in ’n klein kastrol en braai die uie tot sag en gekarameliseer. Voeg die res van die bestanddele by en roer totdat die suiker opgelos is. Verlaag die hitte en laat prut die sous oor matige hitte vir 15-20 minute of tot met die helfte afgekook.

Metode vir romerige polenta

Bring die water tot kookpunt in ’n kastrol. Voeg die polenta by en roer aanhoudend totdat dit begin verdik. Verlaag die hitte en roer totdat die polenta gaar is. Roer die roomkaas by en geur met sout.

Afronding

Skakel die roosterelement van jou oond aan. Sit ’n draadrak op ’n groot bakplaat en spuit dit goed met kleefwerende kossproei.

Haal die ribbetjies uit die kookvloeistof en bedek ruimskoots met die braaisous.

Pak die ribbetjies op die draadrak en rooster vir 5 minute.

Draai die ribbetjies om en smeer nog sous oor, rooster verder vir 5-10 minute of totdat die ribbetjies klewerig en liggies geskroei is.

Sit die ribbetjies voor op die polenta en garneer met die vars kruie.

  • Bron: Tuis Tydskrif, promosie van die spesiaal gemengde hoëgehalte koffiebone van Davidoff Café.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article