Eienaars van verlore troeteldiere besef nie altyd dat hulle dié diere by ‘n dieresorgvereniging kan gaan soek nie.

Foto: Unsplash/Lucas Ludwig

Dit ontgaan inwoners van Kuruman en omstreke, wie se katte en honde verlore raak, om navraag oor dié diere by die Kuruman Animal Welfare Society (Kaws) te doen.

Ilze Fotheringham van Kaws sê eienaars van verlore troeteldiere het sewe dae tyd om die dier by hulle af te haal. Daarna mag die vereniging ’n nuwe eienaar vir dié dier soek.

troeteldiere

Eienaars van verlore troeteldiere besef nie altyd dat hulle dié diere by ‘n dieresorgvereniging kan gaan soek nie.

“Dit gebeur gereeld dat ons ’n goed versorgde dier inkry, wat duidelik nie deur die eienaar weggegooi is nie, maar dan daag niemand op om die dier te kom soek of te kom afhaal nie,” sê sy.

Honde en katte word by Kaws aangehou, en troeteldiereienaars kan ’n draai maak om ’n nuwe troeteldier aan te neem. Kaws bied ook verblyf teen betaling vir troeteldiere wanneer die eienaars vir ’n tyd weggaan. Kaws, ’n nie-winsgewende organisasie, is dankbaar vir individue en instellings wat hulle ondersteun.

Daar is egter altyd ’n behoefte aan vrywilligers, aan honde- en katkos, en beddegoed vir die diere. Ander behoeftes bestaan van tyd tot tyd.

Besoek die Kaws-kantore buite Kuruman langs die Daniëlskuil-pad, net verby die verkeersdepartement.

Bel Fotheringham by 083-746-1333 of Conet Whitehead by 082-905-7354, of besoek die Facebook-blad Kuruman Animal Welfare Society.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article