Die geleentheid is ideaal vir swanger vroue en ma’s van pasgebore babas, peuters of kleuters.

Foto: Unsplash/Zach Lucero

’n Als mamma/Everything mommy-oggend word ten bate van ’n progressiewe meervoudige sklerose- (MS) lyer aangebied.

Die geleentheid is ideaal vir swanger vroue en ma’s van pasgebore babas, peuters of kleuters, en hiertydens sal ’n verloskundige, borsvoeding­spesialis en doula as sprekers optree.

Die geleentheid is ideaal vir swanger vroue en ma’s van pasgebore babas, peuters of kleuters.

Dr. Su-Ritha Wessels, ’n ginekoloog en gekwalifiseerde verloskundige, is een van die sprekers, asook Christel de Lange, ’n gekwalifiseerde borsvoedingdeskundige, en Amanda Loots, wat ’n doula in perinatale verlies en in geboorte is, en ook ’n trauma-ontlonter is.

“Ons het verskeie onderwerpe wat bespreek gaan word, onder meer die swangerskapsreis, vrouekankers, borsvoeding en perinatale verlies. Verskeie uitstallers gaan ook hul produkte te koop aanbied, soos verskillende soorte olies, hulpmiddels vir kinders met outisme, baba-, peuter- en kleuterklere, en ook opvoedkundige speelgoed,” sê Loots.

Jurie Wessels (42) van Boshof is al langer as ’n dekade ’n MS-lyer. Rondom 2015 het hy die gebruik van sy bene verloor, en sedertdien het die progressiewe siektetoestand sy beweeglikheid drasties verminder. Hy het tans minder as 5%-beweeglikheid.

Sy keelspiere is besig om te verswak, wat veroorsaak dat hy soms nie meer kan sluk nie en ’n spesiale soort voeding nodig het.

Weens MS kry hy onder meer maklik bedsere, wat daagliks versorg moet word; en spesifieke produkte word elke dag daarvoor benodig. Hy kry maklik infeksies, wat ook met spesifieke produkte behandel moet word.

Wessels moet minstens een maal per maand na die Universitas-hospitaal in Bloemfontein vervoer word, wat ook ’n uitgawe is.

  • Die geldinsamelingsgeleentheid vir Wessels vind op 26 Augustus om 10:00 by die AGS Huis van Restourasie in Constantia-rylaan, Kimberley, plaas.
  • Die koste vir ligte verversings is by die prys van R100 per persoon ingesluit.
  • Bel Amanda Loots by 082-229-3666.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article