Die span van die United-rugbyklub van Upington het Saterdag (12/08) die span van die Kakamas-rugbyklub in die eindstryd van die ZFM-liga met 23 – 15 getroef. In dié kragmeting op die 8 SAI-veld het die tuisspan die gedugte agttal van Kakamas meedoënloos oorheers.
’n Opwindende wedstryd is egter deur die onaanvaarbare gedrag van sommige United-ondersteuners ontsier.





