Cleantha Koetzee het onlangs vanaf Los Angeles teruggekeer met ’n rits eerbewyse wat sy op die Wêreldkampioen­skapsbyeenkoms vir Uitvoerende Kunste (WCOPA) verwerf het.

Hiertydens het talentvolle jong mense van 70 lande met mekaar meegeding. Cleantha het drie silwermedaljes verwerf (“casual runway”, “pageant formal” en fotogenies), asook ’n bronsmedalje as “spokesmodel”.

Cleantha Koetzee

Dawrette Heyns van die gelyknamige model-akademie in Upington by wie Cleantha reeds vir jare ’n model is, sê Cleantha het ook ’n uitnodiging van ’n talentsoeker ontvang.

“Sy gaan nog drie jaar aan die kompetisie deelneem, en ek gaan met haar werk en haar afrig totdat sy klaar is met skool,” sê Heyns.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article