Die Laerskool Staats in Kimberley bied vanjaar weer die Staats Pro 20-aandreeks aan.
Vir dié aandreeks word 14 krieketspanne in twee groepe verdeel, waarna hulle teen mekaar meeding vir ’n kans om in die beker-, plaat- en skild-halfeindronde te speel.
Volgens die Laerskool Staats word die eerste wedstryde reeds in die week van 26 September gespeel.
Die reeks sal oor etlike weke beslis word.
Elke span sal die geleentheid kry om ses wedstryde te speel.
Die o.13-spanne van die volgende skole is betrokke:
- Laerskool Staats (wenner in 2014);
- Laerskool Newton (wenner in 2015, 2018 en 2022);
- Laerskool Seodin (wenner in 2019);
- Laerskool Eureka (wenner in 2012 en 2013);
- St. Patrick’s CBC;
- Kimberley Junior School;
- Laerskool Futurum Akademie;
- Laerskool Jacobsdal;
- Laerskool Op Die Voorpos;
- Laerskool Oranje-Noord;
- Laerskool Kathu;
- HC Rose Hub;
- Frank Roro Hub; en
- Yorkshire Hub.
’n Openingsgeleentheid met ’n kleure-oorhandiging vind op Donderdag 21 September, in samewerking met die borge, by die Hoërskool Diamantveld plaas.
Die halfeindrondes en eindrondes vind op Vrydag 3 November en Saterdag 4 November op die Diamant-ovaal in Kimberley plaas.
Dit beloof om ’n feestelike geleentheid met jong, belowende krieketspelers in aksie te wees.
Choctaw Spur, die Hoërskool Diamantveld, NTLO Signs en Noord-Kaap Krieket is by die reeks betrokke.
Die skool nooi alle Noord-Kaapse krieketliefhebbers uit om die aandreeks by te woon en te ondersteun.
Die bepalings is reeds beskikbaar. Kontak Staats vir die volledige program.
- Vir meer inligting, bel Matthew du Plessis by 076-783-7718 of stuur ’n e-pos na sport@staats.co.za.



