Jacques Nienaber wil sy spelers ’n sielkundige ruskans gee nadat die Springbokke Sondagaand 1 Oktober in Marseille, Frankryk, hul verpligtinge in Groep B met ’n eêreldbekeroorwinning van 49 – 18 oor Tonga afgehandel het.

Die Bokke het dié week ’n loslootjie terwyl die res hul laaste groepwedstryde speel.

Nienaber-hulle sal eers Saterdagaand laat weet of hulle tot die kwarteindronde van die toernooi deurdring.

Suid-Afrika beklee ná die vyf ligapunte wat hy Sondag verdien het met 15 ligapunte die eerste plek op Groep B se puntelys.

Die Bokke het egter een wedstryd meer as Ierland (in die tweede plek met 14 punte) en Skotland (in die derde plek met tien punte) gespeel.

Ierland en Skotland pak mekaar Saterdag in hul laaste groepwedstryd.

Hendrik Cronjé, Netwerk24

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article