Die bestuur van die afgelope jaar van die Kuruman-tak van die Vrouelandbouvereniging (VLV), wat onveranderd vir die volgende jaar bly. Van links is, voor: Lynn Nel (sekretaris), Zelda Lombaard (saamroeper vir leefstyl) en Alta Roets (saamroeper vir gesondheid)

Die Kuruman-tak van die Vrouelandbou­vereniging (VLV) het pas sy 90ste bestaansjaar gevier.

Benewens dié groot mylpaal spog die tak met ’n wenspan aan stuur van sake, en die bestuur wat van 1 Oktober verlede jaar tot 30 September vanjaar die leisels gehou het, gaan onveranderd voort vir die volgende jaartydperk.

Die bestuur van die afgelope jaar van die Kuruman-tak van die Vrouelandbouvereniging (VLV), wat onveranderd vir die volgende jaar bly. Van links is, voor: Lynn Nel (sekretaris), Zelda Lombaard (saamroeper vir leefstyl) en Alta Roets (saamroeper vir gesondheid); agter: Elien Menge (saamroeper vir openbare sake), Karin van der Walt (saamroeper vir opvoeding en kultuur), Hettie du Plessis-Krüger (mediaskakelbeampte), Petro Spangenberg (saamroeper vir kunste en handvlyt), Ansie Cilliers (saamroeper vir landbou en tuinbou), Arina Beukes (vise-voorsitter), Janet West (tesourier), Bessie Kriek (agivaris) en Marianne Vorster (voorsitter).

Marianne Vorster, voorsitter, beklee dié pos dan ’n negende jaar agtereenvolgens.

Die res van die bestuurslede is: Lynn Nel, sekretaris; Zelda Lombaard, saamroeper vir leefstyl; Alta Roets, saamroeper vir gesondheid; Elien Menge, saamroeper vir openbare sake; Karin van der Walt, saamroeper vir opvoeding en kultuur; Hettie du Plessis-Krüger, mediaskakelbeampte; Petro Spangenberg, saamroeper vir kunste en handvlyt; Ansie Cilliers, saamroeper vir landbou en tuinbou; Arina Beukes, vise-voorsitter; Janet West, tesourier; en Bessie Kriek, argivaris.

Die eerste byeenkoms vir die volgende jaartydperk vind op 18 Oktober plaas en word deur Roets aangebied.

Hannetjie Smit, ’n voormalige apteker, gaan lede inlig oor bloeddruk en maniere om dit te beheer.

Beukes gaan met ’n praktiese demonstrasie die vroue inspireer om handborduurwerk as ’n tydverdryf aan te pak.

Die geleentheid vind om 15:00 by die Moffat-sendingstasie in Kuruman plaas.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article