Dylan Alexander

Foto: Verskaf Credit: SYSTEM

Toe Dylan Alexander, skrumskakel van Griekwas, op skool aanvanklik nie vir die o.14A-span gekies is nie, het hy nie in sak en as gaan sit nie, maar skouer aan die wiel gesit.

Alexander (21), wat in Paarl Gimnasium op die skoolbanke gesit het, het hom destyds met harde werk stelselmatig van die o.14C-span opgewerk.

Dylan Alexander

“ ’n Mens het maar altyd ’n plan; die plan gaan egter nie altyd uitwerk nie. Harde werk was nog altyd een van my sterkpunte en ek glo daarin,” sê Alexander, wat alombekend is as “Bobby”.

“Daar is ’n ou sêding wat my ma altyd vir my sê: ‘Harde werk klop altyd talent.’ Dit is iets waarna ek streef – om hard te werk.

“Ek het myself toe opgewerk na die B-span en daarna die res van die seisoen in die A-span gespeel.”

Alexander het daarna van krag tot krag gegaan en in 2019 vir die Suid-Afrikaanse Skolespan en in 2021 vir die Junior Bokke diens gedoen.

Voordat hy verlede jaar ’n Poubloue geword het, het hy ook vir Universiteit Stellenbosch (Maties) en die Westelike Provinsie (WP) uitgedraf.

Daardie lesse wat Alexander as skoolkind geleer het, het vroeër vanjaar in Kimberley ook handig te pas gekom, aangesien hy net in twee Curriebeker-wedstryde op die plaasvervangerbank was.

Marnus Kok

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article