Gepas in die gees van Kersfees is welwillendheid en omgee.
Waarom nie hierdie Kersfees na ’n niewinsgewende organisasie uitreik nie?
In elke gemeenskap is organisasies wat na die welstand van kinders, bejaardes, ander behoewendes en diere omsien.
Talle van dié organisasies is algeheel van skenkings afhanklik om hul omgeewerk te kan uitvoer.








