Daniël Kuhn van die Hoërskool Diamantveld.

Louis Botha Fotografie

Die sege van 18 – 6 van die Hoërskool Diamantveld se eerste rugbyspan word as die hoogte­punt van vanjaar se openings­ronde van die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks beskou.

In dié ronde op Vrydag 1 Maart en Saterdag in Kimberley het rugby-, netbal- en hokkiespanne van Diamantveld teen spanne van Bethlehem Voortrekker Hoërskool (BVHS) in Kimberley te staan gekom.

Die sege van Diamantveld se eerste rugbyspan is behoorlik toegejuig, want nie net het BVHS verlede jaar as algehele reekswenner geëindig nie, maar het Diamantveld boonop verlede jaar teen BVHS in die stof gebyt.

Diamantveld het Saterdag in die laaste 20 minute van die wedstryd die oorhand gekry en nog ’n verdoelde drie en twee strafskoppe aangeteken om hierdie kragmeting te wen.

Uitslae van die ander spanne is soos volg, met Diamantveld se telling telkens eerste:

Rugby

o.19B: 25 – 7;

o.19C: 3 – 3;

o.19D: 12 – 0;

o.16A: 10 – 14:

o.16B: 26 – 12;

o.15A: 13 – 12;

o.15B: 28 – 5;

o.14A: 22 – 33; en

o.14B: 5 – 10.

Daniël Kuhn van Diamantveld se eerste rugbyspan.

Netbal

o.19A: 33 – 46;

o.17A: 24 – 24;

o.16B: 24 – 12: o.16C: 29 – 12;

o.15B: 27 – 6;

o.15C: 14 – 17;

o.14B: 23 – 8;

o.14C: 9 – 3; en

o.14D: 6 – 30.

Nog drie netbalwedstryde sou op 5 Maart beslis word.

Clarissa Taljaard van Diamant­veld se eerste netbalspan.

Hokkie (seuns)

o.19A: 0 – 2;

o.19B: 0 – 7; en

o.16A: 0 – 2.

Hokkie (meisies)

o.19A; 1 – 7;

o.19B: 0 – 7;

o.16A: 0 – 12; en

o.16B: 0 – 7.

Dewet Fourie van Diamant­veld se eerste hokkiespan.

Diamantveld se volgende kragmeting in die Wesgrow-reeks is op 16 Maart teen die Hoërskool Trio in Kroonstad.

Die Wesgrow-reeks plaas sedert 2018 klem op massadeelname en het sy ontstaan gehad na aanleiding van die verskynsel dat deelname binne ligaverband op die platteland begin kwyn het.

Sentraal24, waarvan NoordkaapBulletin ’n publikasie is, is vanjaar ’n mediaborg.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article