Die Goue Gerwe Kathu se nuwe bestuur is van links Marietjie Diedericks (addisionele lid, nuut verkies), Anton Botes (vise-voorsitter, nuut verkies), Susan van der Berg (voorsitter, herkies), Susan von Wielligh (tesourier, nuut verkies) en Jane van der Merwe (sekretaresse, herkies).

Foto: Verskaf

Die Goue Gerwe Kathu het onlangs sy nuwe bestuur vir die volgende twee jaar aangewys.

Van die bestuurslede is herkies, terwyl ander nuut verkies is op die geleentheid op 5 Maart.

Alle bejaardes wat jonk van gees is, word genooi om op ’n Dinsdag om 10:00 by die NG kerk Kathu vir ’n weeklikse byeenkoms op te daag.

Op so ’n byeenkoms word speletjies gespeel, gekuier, na sprekers geluister, vasvrae gehou en kennis met ’n Noot vir Noot-spel getoets.

“Kom deel in die vreugde van saamkuier en omgee vir mekaar,” nooi Susan van der Berg, voorsitter.

Vir inligting, bel haar by 084-701-0894.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article