Die eerste maand van vanjaar se herfs is oor sy helfte. Hoë dagtemperature gedy steeds en ’n mens se oë soek onwillekeurig na belowende wolke op die horison. Van Woensdag 20 Maart tot Dinsdag 26 Maart is die minimum temperatuur oor die streek heen rondom 20 °C, wat help dat die nagte koeler sal wees. Nader aan die naweek sal die hoë dagtemperature begin daal. Kimberley se gemiddelde maksimum temperatuur vir dié tydperk is 32 °C, vir Kuruman is dit 31 °C, en vir Upington 34 °C, aldus die weerwebwerf yr.no. Verspreide donderbuie word van Woensdag tot Dinsdag oor die Kimberley- en Kuruman-omgewing heen voorspel, voorafgegaan met sterk wind wat veldbrande kan aanjaag.

Foto: Helena Barnard

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article