Die afgelope naweek het welkome reën oor dele van die dorre Noord-Kaap uitgesak. Op ’n plaas in die Williston-distrik is 91 mm aangeteken en op ’n plaas tussen Sutherland en Calvinia 31 mm. Op plase in die Kenhardt-omgewing is van 40 mm tot 82 mm aangeteken, vertel Melanie Theron. Die hewige reën het met heelwat verspoelings en verliese van veral lammers gepaardgegaan. Ook in Kathu, Kimberley en Upington het dit gereën. Vir veral Woensdag 27 Maart is verspreide reënbuie vir groot dele van die Noord-Kaap voorspel.

Foto: Melanie Theron

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article