Dit is einde niet vir die verhoor van die sewe beskuldigdes wat van die moord op die sakeman Piet Els (86) en die aanranding van sy vriendin, Rikkie Alsemgeest (toe 68), op 24 Januarie 2018 op sy plaas buite Kimberley aangekla word.
Die staat sou op Maandag 15 April met sy betoë begin het, maar die saak is uitgestel.
Charné Kemp berig ’n nuwe datum vir die lewering van slotbetoë sal op 29 April bevestig word omdat ’n beskuldigde se prokureur ’n operasie ondergaan en sy hersteltydperk onbekend is. Die verhoor het voorheen reeds verskeie vertragings ondervind.
In ‘n ander onverwante moordsaak is die saak teen Daniel Alberts (38) wat van die moord op twee lede van die blitspatrollie op 22 Augustus in Kimberley aangekla word, tot 6 Mei uitgestel.
Die hof het op 3 April gehoor dat Alberts ’n plek in ’n psigiatriese instelling in Kimberley gekry het vir 30 dae sielkundige waarneming.
Sy opname sou dieselfde dag wees. – Helena Barnard





