Suid-Afrikaners het verlede week hul stem met die algemene verkiesing laat hoor. Spesiale stemme is op Maandag 27 Junie en Dinsdag uitgebring, terwyl stemdag op Woensdag plaasgevind het.
NoordkaapBulletin het enkele stemlokale in Kimberley op Maandag en Woensdag besoek.
Kiesers in ’n ry by die Bantu-saal in Galeshewe.
Kiesers staan en wag op stemdag om by die Kimberley Junior School hul kruisies te trek.
Mmasitlwane Boya en haar dogter, Keitseng Boya, het op Woensdag 29 Junie in die Bantu-saal gestem.
Lt.genl. Koliswa Otola, provinsiale polisiekommissaris, in die Noord-Kaapse uitslagsentrum.
Foto: Verskaf
In die Verkiesingskommissie (OVK) se uitslagsentrum in Kimberley op Donderdag 30 Mei is van links Isak Fritz (DA-premierskandidaat), Maruping Lekwene (Noord-Kaapse LUR vir gesondheid), Harold McGluwa (DA-leier in die Noord-Kaap) en dr. Zamani Saul (premier van die Noord-Kaap).
Foto: Helena Barnard
’n Lang ry kiesers wag op stemdag by die Laerskool Newton in Kimberley.
Foto: Helena Barnard
Die Hoërskool Emmanuel in Homevale, Kimberley, was ook ’n stemlokaal.
Foto: Helena Barnard
In die stemlokaal by die Laerskool Herlear is Naomi Maasdorp, Liam Kasper en Anastacia Poonawassy by ‘n kieser.
Foto: Helena Barnard
By die Stillerweë-aftreeoord vir bejaardes is Charlene van Niekerk, Lydia Tsamaesi, Mary Tsomane, Neo Zitha en Masego Marope, op Maandag 27 Mei waartydens spesiale stemme uitgebring is.
Foto: Helena Barnard
Jolene Marolong by Action SA se stalletjie voor die Laerskool Du Toitspan in Kimberley.
Foto: Helena Barnard
By die Laerskool Du Toitspan in Kimberley beman, van links Elrico Moka, Thembiswa Luphahla en Chrizania Grondt, die EFF se stalletjie.
Foto: Helena Barnard
By die EFF se stalletjie voor die Laerskool Herlear is Khanya Morapeli Nkolonyane, Michael Aluwani Mungoni en Malebogo Joyce Rantsoeleba.
Foto: Helena Barnard
By die DA se stalletjie by die Laerskool Du Toitspan is Angie Nortjé en Ockie Fourie.
Foto: Helena Barnard
By die ANC se stalletjie by die Laerskool Du Toitspan is Nontutuzelo Manzana en Debby Mabote.
Foto: Helena Barnard