“Is dit hierdie liedjie wat jou aan haar laat dink?” vra hy en draai die klank van die radio harder.

Ek luister en skud my kop.

“Bad to the bone” of “Your heart is as black as night” laat my aan haar dink.

Almal van ons het liedjies wat ons aan mense of geleenthede herinner.

’n Sekere liedjie hoef nie noodwendig ’n verwysing na iemand te wees nie.

Dit kan ons net aan ’n sekere geleentheid laat dink wat vir ons positiewe of negatiewe herinneringe inhou.

“She’s in love with you” van Suzie Quattro het by my broer se 21ste verjaardag gespeel.

Ek was 11 jaar oud en dit was een van die lekkerste partytjies wat ek in my lewe bygewoon het.

Tot vandag toe dink ek aan daardie aand wanneer ek hierdie liedjie hoor.

Soms koppel ’n mens ’n liedjie aan ’n persoon.

“Working for the man,” laat my aan ’n vorige werkgewer dink.

Die hoeveelheid werk het perfek ingepas by die deel wat sê: “Pick up your feet, we have a deadline to meet.”

Die liedjie “Lekker ou Jan… jou dierbare ding”, sal beslis by ’n oud-kollega inpas.

Die lewe bestaan uit ’n mengelmoes herinneringe wat oral-oor hul verskyning maak.

Soms is dit ’n reuk wat ’n herinnering laat opvlam.

Soms is dit ’n spesifieke geluid of ’n liedjie.

Watter liedjies laat herinneringe by jou opvlam?

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article