Ons almal weet die lewe loop soos dit loop.

Aan sekere goed kan jy verander en aan ander nie.

Soms moet ’n mens maar die geduld hê om dinge te laat deurloop soos dit loop.

Maar is daar een van ons wat nie soms wens dat jy sekere dinge anders kon kies toe jy kon kies nie?

Dikwels neem ’n mens besluite vinnig, ander kere meer deurdenk, ander kere gewoon impulsief.

Soms met min inligting tot jou beskikking, ander kere met te veel inligting tot jou beskikking.

So kies ons en so bepaal ons keuses ons rigting en ons gevolge. Daarom is dit seker logies dat ’n mens soms voel jy moet maar alles aanvaar soos dit is en ook logies dat ’n mens soms wens jy kon anders kies.

Anders kies.

Wat sou jy anders kon kies as jy weer kon kies?

’n Mens weet jy kan nie die verlede omkeer nie en ’n mens weet jy kan vir ’n beter toekoms kies en werk.

Daarom kan ’n mens tog anders kies.

Jy kan nie ’n vorige keuse ongedaan maak nie, maar jy kan selfs uit jou negatiewe keuses positiewe besluite neem.

Jy kan kies om vrede te maak met die dinge waaraan jy niks kan verander nie.

Jy kan kies om onreg wat teen jou gedoen is neer te sit.

Jy kan kies om mense wat jou te na gekom het te vergewe, sonder om hulle toe te laat om jou verder seer te maak.

Jy kan kies om anders te kies.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article