Inskrywings vir
deelname aan die fietsry-, veldwedloop en pretdrafgeleenthede vir die naweek se
Kelrn MTB Classic, kan tot ’n uur voor die wegspringtyd gedoen word.
Inskrywings kan egter ook reeds aanlyn gedoen word.
Die jaarlikse
Kelrn MTB Classic, wat ten doel het om geld vir talle nie-winsgewende
organisasies gemoeid met kinderwelsyn in te samel, vind van Vrydag 25 Oktober
tot Sondag 27 Oktober op die plaas Holsdam buite Barkly-Wes plaas.
Dit word al etlike jare aangebied, en verlede jaar is R1,5miljoen ingesamel.
Fietsryers kan
vir ’n verskeidenheid fietsrenne inskryf, onder meer die Diamond Dash wat oor
32 km strek.
Die Classic 13 km-ren is gewild onder families omdat
kinders ook hieraan kan deelneem, terwyl die Classic 35 km nie maklik is nie en fietsryvaardighede en ’n redelike mate van fiksheid veries.
Die Classic
67 km is bekend vir sy
uitdagings, en is vir vaardige fietsryers geskik.
In die Diggers Ride, oor ’n afstand van 67 km, ry deelnemers oor vyf plase en langs
die Vaalrivier, en die roete word as uitdagend beskryf wat fietsry-ondervinding
verg.
Die Kelrn Classic 100 Miler
bestaan uit drie afsonderlike renne.
Fietsryers kan na
’n verskeidenheid soorte paaie uitsien waarop die roetes uitgelê is.
Die pretdraf en veldwedloop lei deelnemers op ’n roete wat
uit ’n kombinasie van voertuigspore, ’n enkelspoor en grondpad bestaan en strek
oor onderskeidelik 5,2 km
en 31,2 km.
Talle pryse in al die kategorieë is op die spel.
’n Toutrekbyeenkoms vind ook tydens die naweek hier plaas.
Stan Andrews, “the One-Legged Legend” sal as
seremoniemeester optree.
Verskeie aktiwiteite vir die hele gesin word
aangebied, en jong kinders kan onder meer hul eie skopfietsies saamneem om op
’n mini-hindernisbaan te ry.
Die Koeistalmark, verskeie kosstalletjies, ’n
biertent en vermaak vorm deel van die uitgebreide program.
Besoek kelrnmtb.net of die Facebook-blad Kelrn Mtb Classic
vir meer inligting en om in te skryf.




