Studente van die karateklub Mushin Kai Karate Noord-Kaap van Kimberley besig met ’n inspirerende oefensessie op Bloubergstrand in die Wes-Kaap.

Foto: Verskaf

Karatekas van die klub Mushin Kai Karate Noord-Kaap van Kimberley het met onlangse deelname aan ’n nasionale kampioenskapsbyeenkoms in Kaapstad 87 medaljes ontvang.

Sewe studente van die klub het boonop elk met ’n nuwe swart gordel huis toe gekeer.

Dit kom nadat studente van die Mushin Kai Karate-span in September aan die Mushin Kai-ope kampioenskap en die Mushin Kai-nasionale kampioenskaps­byeenkoms in Kaapstad deelgeneem het.

Die 87 medaljes wat die Noord-Kapenaars ontvang het, sluit 22 goue medaljes (waarvan 4 dubbele goue medaljes is) in, asook 24 silwer en 41 brons.

Die sewe Noord-Kaapse studente wat na nuwe vlakke gradeer het, behels:

  • vier met ’n bruin gordel het swartgordel-status bereik;
  • twee met ’n junior swart gordel het volle swartgordelstatus bereik; en
  • een student het na sy tweede swart gordel gevorder.

Voordat die studente op 25 September teruggekeer het huis toe, het die span hul triomfantelike reis met ’n inspirerende oefensessie op die strand afgesluit.

Hierdie simboliese hoogtepunt van hul reis het as ’n herinnering gedien dat sukses nie net oor wen gaan nie, maar ook die reis self.

Refilwe Jembula en Bradwin Engelbrecht

Die sewe Noord-Kaapse studente wat na ’n nuwe vlak gradeer het. Van links is, voor: Sanmarie Spangenberg, Selwyn Jembula en Jinomia Draai; agter: sensei Geraldine Swanepoel, Alzane Bostander, Dante Gaginaar, Roenaldi van Meyeren, Nthembisile White en sensei Raynier Fourie.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article