Amarillis is ’n Griekse vrouenaam wat “om te sprankel” beteken, en die plant met dié naam bring inderdaad sprankel in die tuine waar dit nou blom. Vroeër is die blom met krag en uithouvermoë vereenselwig. Nadat die bolplant sy blomsteel uitstoot en knoppe maak, vou die blomme bykans oornag oop. Amarillisse gedy in grond wat goed dreineer en hou van sonlig. In warm streke kan ’n warm middagson en hoë temperature egter die blare beskadig, en namiddagkoelte is dan wenslik.

Foto: Helena Barnard

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article