In November blom die jakarandas. Dié skouspelagtige bome, wat oorspronklik van Suid-Amerika afkomstig is, is as ’n indringerboom in Suid-Afrika verklaar. Tog verleen dit kleurprag in Kimberley, veral in die ouer woonbuurte soos Belgravia, Beaconsfield en Roperstraat in Kimberley-Noord, soos dié een in Carringtonweg naby een van die ou straatligpale. Volgens die Facebook-blad McGregor Museum Kimberley is die eerste jakarandas waarskynlik in die 1920’s deur ene Frank Walton Jameson, bekend as “Jacaranda Jim” na die Diamantstad gebring. Hy was die stadsingenieur van 1920 tot 1931. In sy tyd as stadsingenieur in Pretoria (1909 tot 1920) is ongeveer 6 000 jakarandas in Pretoria aangeplant.

Foto: Helena Barnard

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article