Van die kinders wat by Solly’s Beacon of Hope in Upington gevoed word.

Foto: Facebook/Solly’s Beacon of Hope new

’n Kersparty, gekombineer met ’n terugskooltoe-projek, word Saterdag 14 Desember by die sopkombuis Solly’s Beacon of Hope in Rosedale, Upington, aangebied.

Dit is dié weerlose kinders, wat die afgelope drie jaar by die sopkombuis gevoed word, se enigste geleentheid om die gees van Kersfees te ervaar, vertel Solly van der Berg, stigter van dié niewinsgewende maatskappy.

Die beplanning is om vir elk van die ongeveer 120 minder bevoorregte kinders ’n rugsak te skenk wat onder meer gevul is met skryfbehoeftes soos inkleurpotlode, ’n uitveër, skerpmaker, potlood en pen, asook ’n waslap, seep, tandeborsel en -pasta, pakkie lekkers en ’n speelding.

Van der Berg bedank alle individue en ondernemings wat hulle tot dusver met die beplanning van die Kersparty ondersteun het. 

  • Teen Woensdag 11 Desember het Van der Berg op Facebook aangekondig dat hulle nog die volgende items vir die Kersparty benodig:

150 papiersakkies vir worsbroodjies, 150 worsbroodjierolletjies, 150 deurskynende plastieksakkies om peuselhappies in te verpak, 150 roomyshorinkies en mosterdsous vir die worsbroodjies. 

Besoek Solly’s Beacon of Hope Foundation new op Facebook, of kontak Van der Berg by 083-896-2104 vir meer inligting. of om ‘n bydrae te maak.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article