’n Kersblyspel onder die sterre, en onder Kersliggies, word weer vanjaar by Yonder in Kimberley aangebied.
Dié verrigtinge op Woensdag 20 November om 18:00 op die grasperk voor die koshuise, is vanaf die hoofingang in Messelaarstraat in Kimdustria bereikbaar.
Willie Joubert, ’n Afrikaanse sanger wat vir sy geestelike musiek bekend is, tree op.
As toegangsfooi word ‘n skenking van linne, soos beddegoed vir ’n enkelbed, kussings, handdoeke of kontant vir die mans- en vroue-inwoners van die sentrum gevra.
Bring ‘n eie kampstoel, kombers, piekniekmandjie en koelboks, of koop verversings by die kosstalletjie, snoepie en koffietafel.
Veilige parkering is op die terrein beskikbaar.
Skakel 053-841-0537 tydens kantoorure vir meer inligting.








