’n Waterlek by die aansluiting van Lodge-weg en McInnesstraat in Belgravia, Kimberley, is reeds meer as een maal aan die Sol Plaatje-munisipaliteit rapporteer. Duisende liter water stroom elke dag uit die lekkasie waar water onder die teerpad uitborrel.

Foto’s: Helena Barnard

Waterverliese van nagenoeg R43 miljoen, met ongeveer 64% van Kimberley se drinkbare water wat verlore gaan.

Dit is volgens die ouditeur-generaal se verslag vir 2022-’23 rakende die waterverliese deur die Sol Plaatje-munisipaliteit ondervind.

In ’n mediaverklaring sê Chris Phiri, DA-raadslid, dat die party ’n inisiatief op 12 November begin het om basiese huishoudelike lekkasies te help aanspreek in ’n poging om Kimberley van ’n waterskaarste te red.

Dié veldtog het in Vergenoeg begin waar ’n inwoner weens beperkte geldelike hulpbronne nie die dienste van ’n loodgieter kon bekostig om ’n lekkende toilet te herstel nie. Vir maande het die bejaarde inwoner die koste gedra van water wat ongebruik in die drein afvloei.

Met die herstel van die lekkende toilet, word ’n paar honderd liter water per dag gespaar.

Phiri sê Kimberley het ’n berugte geskiedenis van watertekorte in Desember, wanneer dit warm is.

Dit is noodsaaklik dat die watervlakke in die reservoirs gehandhaaf word, en waterverliese so ver moontlik beperk moet word.

Foto: Helena BarnardFoto:

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article