Dié hotel in Vosburg in die Noord-Kaap, waarvan nie veel bekend is wat geskiedenis betref nie, is glo in die 1890’s in dié Karoo-dorpie gebou. Volgens oorlewering het dit in sy beginjare aan ’n egpaar, ’n ene Barnard en MacDougall, behoort en is dit die BarMac-hotel genoem. Later het dit die naam van Hunters Home Hotel gekry, en nog later Karoo Country Inn. Dié hotel, wat steeds in bedryf is, is glo ’n “sustershotel” of byna ’n replika van die Kimberley Star of the West in Kimberley, Suid-Afrika, en van die Port Fairy Star of the West in Australië. Die hotel in Australië is in 1856 gebou. Langs die hotel in Vosburg is deesdae die Hoekwinkel Karoo Plek, wat in die ou handelshuis bedryf word wat uit dieselfde era as die hotel dateer.

Foto: Helena Barnard

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article