Die rooibekrenostervoël (“red-billed oxpecker”) is deur BirdLife South Africa as die voël van die jaar vir 2025 aangewys. Dié voël het ’n interessante verhouding met groot herbivore soos buffels, kameelperde, elande, renosters en seekoeie. Hulle is belangrik vir die beheer van bosluise en ander eksterne parasiete op wilde diere, sowel as vee. Hulle hou ook diere se wonde skoon. Hoewel die rooibekrenostervoël nie ’n bedreigde spesie is nie, is 21 van hulle in 2012 in die Mokala- Nasionale Park buite Kimberley hervestig. Dié spesie het vroeër jare algemeen en volop in die Kimberley-omgewing voorgekom, maar weens onder meer dipstof wat vir vee gebruik is, het hulle uit die omgewing verdwyn.

Foto: birdlife.org.za

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article