Tuisskoolonderrig word sonder die internet met Brain-in-a-Box gedoen.

Foto: Pixabay

’n Splinternuwe oplossing om tuisonderrig te doen, sonder om van die internet afhanklik te wees, is nou moontlik deur Brainline se Brain-in-a-Box.

Brain-in-a-Box is besonder geskik vir families in plattelandse gebiede en op plekke waar die internetverbinding onstabiel of moeilik bekombaar is.

Brain-in-a-Box is in lyn met die Suid-Afrikaanse kurrikulum saamgestel, en is ’n uitstekende ondersteunings­produk vir leerlinge in tradisionele skole.

Dié innoverende oplossing is die nuutste produk van Brainline, wat al meer as 37 jaar tuisskool-oplossings vir leerlinge van gr. R tot gr. 12 bied. Brainline was die eerste aanlyn verskaffer vir tuisskoolonderrig wat erkenning van die Independent Examination Board (IEB) ontvang het.

Brain-in-a-Box bied ’n volledige tuisonderrig-produk in alle vakke vir gr. 4’s tot gr. 7’s. Dit is in Afrikaans of Engels beskikbaar en sluit volledige video-lesse en assessering in.

Vakke vir dié grade sluit Afrikaans, Engels, wiskunde, lewensvaardigheid, natuurwetenskap en tegnologie, asook sosiale wetenskap (geografie en geskiedenis), in.

USB

‘n Voorbeeld van ‘n USB-toestel.

Die leerplan is op ’n USB-toestel gelaai wat op ’n Apple Mac en Windows-rekenaar gebruik kan word. Leerlinge kan, met die hulp en toesig van ’n ouer of voog, die akademiese materiaal maklik vanaf die USB-toestel op die rekenaar bekom.

Toepassings is interaktief en gebruikersvriendelik, en riglyne vir nasien en selfstudie is in die portefeuljepakket van take en toetse ingesluit.

Besoek brainline.com of shop.brainline.com; stuur ’n e-pos na info@brainline.com of skakel 012-543-5000.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article