Die 14 084 Noord-Kaapse kandidate wat verlede jaar die nasionale seniorsertifikaat-eksamen afgelê het, het ‘n slaagsyfer van 87,8% behaal – beduidend beter as 2021 se 71,4%.
Tydens die geleentheid op 13 Januarie waartydens die 2025-matriekuitslae aangekondig is, is die Kimberley Girls’ High School (KGHS) as die topskool in die provinsie aangewys. Sediba Academy is die top- onafhanklike skool.
LEES OOK: Kimberley Girls’ High School celebrates academic success as top school in Northern Cape
Die drie topskole in kwintiel 1 tot 3 is die HS Enoch Mthetho, HS Kenhardt en Rietfontein Gekombineerde Skool.
Jiawen Huang van die KGHS is as die topkandidaat aangewys. Die res van die 20 topkandidate in die Noord-Kaap is:
2. Kari Adriana Louw (HS Upington);
3. Erwin Lucas Osego (Baitirede Tegniese en Kommersiële Skool);
4. Mia Truter (HS Diamantveld);
5. Portia Mohodi Ketshepaone (HS Bothithong);
6. Jeffrey Mmereki Tsholofelo (HS Galaletsang);
7. Kayleigh Swart (HS Adamantia);
8. Caren Gorrah Jaime (HS Hopetown);
9. Anika van der Merwe (HS Diamantveld);
10. Rico van Heerden (HS De Aar);
11. Layla Aysen (KGHS);
12. Milan Snyman (HS Diamantveld);
13. Thabiso Asar William (HS Tetlanyo);
14. Danika Meyer (HS Diamantveld);
15. Ethol Duthie Farren (HS De Aar);
16. Katlego Mabilo (Baitirede);
17. Pearlma Disipi Didintle (HS Bankhara Bodulong);
18. Queen Lucas Lithemba (KGHS);
19. Caitlin Marichen Mouton (HS Namakwaland); en
20. Nonhlanhla Nyamagoronga (HS Vuyolwethu).
LEES OOK: Northern Cape’s top matric achiever triumphs over language barriers





